Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Feb 1978)

Aborsie: ’n Juridiese, etiese en regsetiese vraagstuk

  • T. A. Barnard,
  • L. M. du Plessis,
  • G. Kempff,
  • G. Oosthuizen

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v43i4.1167
Journal volume & issue
Vol. 43, no. 4

Abstract

Read online

In die geledere van skokkende en onetiese dade in die menslike samelewing, beklee aborsie ’n besondere plek. Vir wetenskaplike doeleindes kan aborsie oor die algemeen gedefinieer word as die skeiding van of afdrywing uit die moederlyf van die „produk” van konsepsie, synde ’n fetus (Geldenhuys, 1974:11; O’Donovan 1975:2). ’n Verdere element van die definisie, wat die blote afdrywing van die vrug gewoonlik kwalifiseer, is dat die fetus, met betrekking tot nageboortelike lewe gesproke, nie lewensvatbaar moes gewees het nie. Met die byvoeging van hierdie element tot die eie definisie word tans egter vertoef ten einde eers die belangrike vraag wanneer lewe ontstaan, te beantwoord.