Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1965)

In Memoriam - Dr J.P. Duvenage

  • W. N. Coetzee

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v32i7/8.1434
Journal volume & issue
Vol. 32, no. 7/8

Abstract

Read online

By ’n geleentheid soos hierdie is die versoeking nogal sterk om retrospektief te w erk te gaan en 'n poging aan te wend om die verlede soos dit in eie persoon belewe is, die revue te laat passeer. Dit is miskien nie m eer as natuurlik nie dat ’n mens dan m eer geneig voel om op die afgelegde weg terug te kyk as om jou aan koersaanwysing vir die toekoms te waag. Vir die m eeste van u, geagte oudstudente, is w at verby is nie van soveel belang as wat die hede aanbied of die toekoms in sy skoot het nie. My taak nader sy einde, u w erk lê hopelik nog vir die grootste gedeelte voor u. Wei is dit ’n troosryke gedagte w at u my sal vergun om te koester, dat die band wat daar tussen u en my gelê is, ook in vakkundige opsig nie finaal deurgesny is toe die dae van regstreekse, persoonlike kontak verby was nie. Die onderwyser is nou m aar eenmaal so onbe- skeie om in die loopbaan en prestasies van sy leerling tot 'n m ate ’n verlengstuk van sy eie werk te sien.