Literator (May 2014)

Geslagsgebaseerde genrekonvensies en die kritiese ontvangs van Buchi Emecheta se <i>Destination Biafra</i> (Nigerië)

  • Polo B. Moji

Journal volume & issue
Vol. 35, no. 1
pp. e1 – e7

Abstract

Read online

’n Geslagsgebaseerde ruimtelike konsepsie van oorlog – wat ’n verdeling skep tussen die manlike oorlogsfront en ’n vroulike tuisfront – ondermyn die geloofwaardigheid van vroue se deelname aan die stryd en die legitimiteit van vroue-oorlogromans. Deur ’n studie van Buchi Emecheta se Destination Biafra, eers gepubliseer in 1982 te doen, beklemtoon hierdie artikel die rol van genrekonvensies tydens die produksie en ontvangs van oorlogromans geskryf deur Afrika vroueskrywers. Emecheta se gewaagde keuse om die tuis- en/of oorlogsfrontverdeling te ondermyn deur die skepping van ’n vroulike soldaat-heldin, Debbie, is die fokuspunt van hierdie analise. Binne die konteks van post-koloniale Afrika letterkunde word die werke deur vroue uitgebeeld as ’n proses van die ‘terug skryf’ aan ’n kanon wat vroue uitbeeld as apolitiese geleiers van tradisie. Emecheta doen afstand van kanonikale merkers van Afrika-‘egtheid’ met die karakter van Debbie, ’n liminale figuur wat haar identiteit moet vind te midde van moderniteit en tradisie; manlikheid en vroulikheid. Die artikel kom tot die slotsom dat die hoofrede waarom die karakterisering van Debbie as onbevredigend geag word, is omdat dit die simplistiese kategorisering van genre konvensies uitdaag. Té dikwels word genre as ’n vaste kategorie beskou, maar ’n betekenisvolle ontleding van Destination Biafra dwing die leser om dit as ’n oop kategorie te beskou, waarvan die konvensies ‘gebuig’ kan word om minderheidsletterkunde te akkommodeer wat nuwe sub-genres ontwikkel.