Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1963)

Die invloed van die mens op die plantegemeenskappe van die Nasionale Krugerwildtuin

  • H.P. van der Schijff

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v31i2.1459
Journal volume & issue
Vol. 31, no. 2

Abstract

Read online

Uie natuurlike gemeenskap wat bestaan uit sowel plante as diere en wat in ’n groot mate deur anorganiese omgewingsfaktore beheer word, neig, hoewel dit selde bereik word, steeds tot ’n skommelende ewewig tussen anorganiese omgewingsfaktore en die biotiese komponente van die gemeenskap. Onder natuurlike toestande waar die „beskaaide mens” ’n minimale of geen invloed uitgeoefen het nie, het die plant- en diergemeenskappe hand aan hand ontwikkel en by mekaar ingepas om ’n min of meer stabiele ewewig daar te stel. Die primitiewe mens het, net soos die dier, ’n komponent gevorm van hierdie geheel en daarby ingepas.