In die Skriflig (Aug 2014)

The role of prophetic action in public theology – the implications for addressing corruption in a context of sustainable development

  • Friedrich W. de Wet

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v48i1.1718
Journal volume & issue
Vol. 48, no. 1
pp. e1 – e8

Abstract

Read online

After almost two decades of democratic rule in South Africa, patterns of withdrawal and uncertainty about the complexities involved in defining the contents, rationality and impact of the public role of the church in society seem to be prevalent. As unabated levels of corruption and its sustained threat to sustainable development point out, a long-awaited reckoning should take place – at least in the circles of South African churches from reformed origin – regarding its rich tradition of critical and transformational prophetic involvement in the public space. In this article, the author places different models for the public role of the church in the field of tension that is generated when the private and public spheres meet each other. The author anticipates different configurations that will probably form in this field of tension in the cases of respectively the Two Kingdoms Model, the Neo-Calvinist Approach and the Communicative Rationality Approach. Die rol van profetiese prediking in publieke teologie: Die implikasies vir die hantering van korrupsie in ‘n konteks van volhoubare ontwikkeling. Na bykans twee dekades van demokratiese regering in Suid-Afrika blyk dit dat patrone van onttrekking en onsekerheid oor wat die inhoud, rasionaliteit en impak van die publieke rol van die kerk in die samelewing presies behels, steeds voortduur. In ‘n situasie waaruit dit blyk dat daar geen werklike teenvoeter is vir die hoë vlakke van korrupsie asook vir die bedreiging wat dit vir volhoubare ontwikkeling inhou nie, is dit hoog tyd dat die kerk, ten minste in die geval van die Suid-Afrikaanse kerke van reformatoriese oorsprong, diep oor sy profetiese rol in die samelewing moet besin. Hierdie kerke kom uit ‘n ryke tradisie van kritiese en transformerende betrokkenheid in die publieke sfeer. In hierdie artikel plaas die outeur verskillende modelle vir die publieke rol van die kerk in die spanningsveld wat gegenereer word wanneer die private en publieke sfere mekaar ontmoet. Die outeur antisipeer verskillende konfigurasies wat waarskynlik na vore sal tree in hierdie spanningsveld in die gevalle van onderskeidelik die Twee Koninkryke Model, die Neo-Calvinistiese Benadering en die Kommunikatiewe Rasionaliteit Benadering.

Keywords