Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1960)

Ons Kultuurtaak in die Republiek

  • F. J. Labuschagne

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v28i4.1544
Journal volume & issue
Vol. 28, no. 4

Abstract

Read online

Na 5e Oktober het die Afrikaner ’n nuwe staatkundige bedeling betree wat sy voltrekking sal vind in ’n Republiek. Dit is ’n gebeurtenis van die grootste betekenis: vir die eerste keer sal die Afrikanerdom in sy wordingsproses van drie eeue as geheel tot ’n eenheid verbind wees in ’n staatsvorm van sy eie, al is dit dan miskien grootliks weens die naam Republiek en onder die eie, vrye, selfgekose staatshoof. Hierdie omstandigheid stel aan die volk ’n groter kultuurtaak en eis dienooreenkomstig ’n groter verantwoordelikheid.