Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Feb 1980)

Islamitiese wetenskapsbeoefening?*

  • M. Elaine Botha

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v45i4.1176
Journal volume & issue
Vol. 45, no. 4

Abstract

Read online

Die gyselaardrama in Iran het die bestaan van die Islam weer pertinent onder die a andag van die wireld gebring. Sedert hierdie gebeurtenis aan die einde van 1979 het dit ook algaande duidelik geblyk dat die Islam ’n godsdiens is waarmee rekening gehou behoort te word. Dit het verreikende politieke, maatskaplike en selfs milit&re en internasionale implikasies. Hier is ’n geestelike mag aan die werk wat potensieel die moontlikheid besit om die wireld in ’n derde wereldoorlog te dompel. Op alle fronte blyk verder ook ’n sterk herlewing van die Islam sodat dit duidelik begin word dat dit ’n mag is waarmee terdefe rekening gehou behoort te word.