Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Apr 2017)

Gereformeerde pietisme, Hieronymus van Alphen (1746-1803) en die Hemelse versugting in Susanna Smit (1799-1863) se godsdienstige dagboeke

  • Andries Gerhardus Raath

Journal volume & issue
Vol. 82

Abstract

Read online

Hieronymus van Alphen's pious poetry saw the light at a time Dutch pietism had reached its zenith. Van Alphen's poetry comprise both poetic literature and hymns. Acting as co-author with Pieter Leonard van de Kasteele, Van Alphen was responsible for Proeve van stichtelijke mengel-poesij [Proofs of pious mixed poems] (1771). This source had a warm reception in religious circles at the Cape. His Proeve van stichtelijke gesangen [Proofs of pious hymns] (1802) had a similar impact in Holland and in Cape Reformed circles. Both works played a significant role in the Voortrekker woman Susanna Smit's religious mentality profile. Particularly the quest to be united to Jesus in heaven served as a significant point of reference in Susanna's spirituality. In this essay the impact of Van Alphen's pietistic poetry in Susanna's religious diaries and the effects thereof on her religious mentality profile are investigated Key terms: Hieronymus van Alphen, mysticism, poems, Pietism, Susanna Smit Hieronymus van Alphen se stigtelike poësie sien die lig op 'n tydstip wat die Nederlandse piëtisme 'n hoogtepunt bereik. Van Alphen se poësie val in twee kategorieë uiteen: poëtiese verse en digsange. Saam met Pitere Leonard van de Kasteele, was Van Alphen verantwoordelik vir die Proeve van stichtelijke mengel-poesij wat in 1771 verskyn het. Dié bron het ook in die Kaapse geloofsgemeenskap neerslag gevind. Sy Proeve van liederen en gezangen (1802 [1801]) het eweneens groot effek in Nederlandse gereformeerde kringe en aan die Kaap gehad. Beide werke speel in die Voortrekkervrou Susanna Smit se geloofsprofiel 'n belangrike rol. Dit is egter veral die sug na die hemelse vereniging met Christus wat in dié verband by Susanna sterk na vore tree. In hierdie artikel word die neerslag van Van Alphen se piëtistiese poësie in Susanna se godsdienstige dagboeke en die effek daarvan op haar godsdienstige mentaliteitsprofiel ondersoek. Sleutelterme: Gedigte, Hieronymus van Alphen, mistiek, piëtisme, Susanna Smit https://doi.org/10.19108/KOERS.82.1.2289

Keywords