Verbum et Ecclesia (Aug 1986)
Die makro-gesprekstrategie in 1 Korinti�rs 1-4
Abstract
In die bestudering van die Nuwe-Testamentiese briefliteratuur is daar tot op datum nie genoeg aandag geskenk aan die kommunikatiewe aspek van die briewe as sodanig nie. Roberts raak hierdie probleem aan wanneer hy tereg beweer: "Paulus is in sy briewe nie besig om sy teologie sistematies te ontwikkel en van brief tot brief sy groeiende insigte uit te spel nie. Inteendeel: Vanuit 'n bepaalde teologiese oortuiging is hy telkens besig om mense in hulle bepaalde situasie van raad te bedien of te vermaan of te onderrig. (Eie kursivering).